NewsNews

En dit is hoe Nonnie haar pad teruggevind het na die Koepel

Dankie aan almal wat die boodskap gedeel en help soek het.

Vir ‘n week lank was Nonnie skoonveld. Het sy haar mense vreeslik gemis terwyl hulle soekend was na haar. Sy in die Noordwes provinsie en hulle in die hartjie van die Vredefort Koepel in die Vrystaat.

Maar vanmiddag was die blydskap groot toe Pieter en Saartjie Joubert hul verlore Nonnie uiteindelik kilometers ver van haar huis gaan haal het.

Nonnie, die ou Jack Russel tefie waaroor Gazette die afgelope week berig het, het vermoedelik verlede Vrydag (1 Maart) uitgekom toe haar eienaars van die plaas gery het, en nie gesien het dat sy waarskynlik agter hul motor aangehardloop het nie.

So het Nonnie by die Riverrun Resort beland en dis hier waar ‘n paar barmhartige samaritane hulle oor haar ontferm het. Johann Hattingh wat die naweek by die oord was, het die bang, verlore hondjie opgemerk, en toe hy en die oordeienaars nie daarin kon slaag om die hondjie se eienaars op te spoor nie, haar toe saam met hom na sy huis in Brits geneem.

Maandag het Johann  Parys Gazette se hulp gevra in sy soektog om Nonnie se eienaars te kry. Die boodskap is blitsig meer as 500 keer gedeel en is Nonnie se eienaars Vrydag opgespoor nadat iemand dit raakgelees het en vir Pieter laat weet het.

Dankie aan almal wat die boodskap gedeel en help soek het. 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button