NewsNews

Bloedskenkkliniek weer volgende week in Parys

  Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskao van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 12 Maart by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 – 19:00. Die doelwit vir die dag is om 120 eenhede bloed in te samel. Bloedvoorrade is gewoonlik laag gedurende hierdie tydperk weens die skool eksamen en skool vakansie. Gereelde …

 

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskao van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 12 Maart by die Hervormde Kerksaal vanaf 13:00 – 19:00. Die doelwit vir die dag is om 120 eenhede bloed in te samel.

Bloedvoorrade is gewoonlik laag gedurende hierdie tydperk weens die skool eksamen en skool vakansie. Gereelde klinieke by skole en tersiêre instellings kan nie plaasvind nie, en dit het ʼn ernstige impak op pasiënte.

SANBS wil graag alle bloedskenkers  bedank vir hul gereëlde ondersteuning en hul aanmoedig om gereeld bloed te skenk.

Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.

Om ʼn bloedskenker te word moet jy:

* Tussen die ouderdom van 16-65 wees

* Meer as 50kg weeg

* Iets voor jou skenking eet

* ʼn Veilige seksuele leefstyl lei

* Gesond wees op die dag van skenking

Alle bloedgroepe is baie belangrik vir ons, maar ons het spesifiek Groep O nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe en is dus baie spesiaal vir ons en diegene wat ‘n dringende behoefte aan bloed het.

Related Articles

Back to top button