NewsNews

Hulle maak ‘n verskil – het jy dit raakgesien?

Hulle maak 'n verskil - het jy dit raakgesien?

Die oop erf oorkant Parys Spar langs Parys se hoofstraat, waar dikwels baie rommel lê,  is nie net vir verbygangers en besoekers ‘n seer oog nie, maar ook vir inwoners van die dorp.

Frik van Rensburg,  voorsitter van die Parys Senior Klub, het egter met die gedagte vorendag gekom om dié stuk grond skoon te maak. Maandag en Dinsdag (25 en 26 Februarie) is fluks gewoel om die laaste rommel en vullis te verwyder.

Frik se oogmerk is om ‘n “boeremark” vir die gemeenskap daar te hou (elke laaste en  tweede Saterdag van die maand waarvan die wins geskenk sal word aan die Kosmos Senior Klub van Parys.  Die mark sal bekend staan as die Koepel Gemeenskapsmark.

Die alternatiewe naweke wanneer daar nie mark is nie,  sal dit as ‘n parkeerterrein gebruik word vir besoekers aan Parys.  Teen ‘n minimale fooi kan ons gaste met geruste harte daar parkeer terwyl wagte omsien na hul motors!

In ‘n poging om vullisstorting en mense wat op die terrein oornag, te keer is daar besluit om ‘n heining om hierdie terrein op te rig.  Ongelukkig benodig Frik en sy span fondse vir hierdie heining.

Alle besighede en/of individue wat kan help om hierdie heining ‘n realiteit te maak, se hulp is dringend nodig.  Skenkers se advertensie borde sal op die omheining aangebring word.

Baie dankie aan Frik en die span skoonmakers, tannie Corrie vir die yskoue koeldranke en die ondersteuning van Parysenaars!

 

Skenkings kan elektronies inbetaal word by

Kosmos Senior Klub

FNB Parys

Rekening Nommer:  627 458 12942

Tak Kode:  230736

 

Of kontak Frik by 082 439 9482 of fvr@icon.co.za

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button