NewsNews

Nominasie van Roydon Olckers vir die Orde van Mendi

Nominasie van Roydon Olckers vir die Orde van Mendi

VANDERBIJLPARK. – Op 1 Februarie 2019 het die lewens van mense in die Vaaldriehoek onherroeplik verander, vir sommige meer as ander.

Na saal opening daardie Vrydag oggend het Roydon Olckers, `n matriek leerling en mede leerlinge teruggekeur na hul klaskamers. Soos menigmale tevore stap die leerders dieselfde pad, sommige bo-oor en ander onder deur die skool se loopbrug. Roydon en ander leerders het daardie oggend onder die loopbrug deurgeloop, voor hom het twee Graad 8 leerders, Caitelin Harris en Denise Fourie gestap. Net toe hulle onder die loopbrug se verste punt kom, gee `n seksie van die loopbrug se betonblok mee. Roydon besef in `n oogwink die gevaar waarin hy, die meisies en ander leerlinge verkeer. Sonder om aan homself te dink, stamp hy Caitelin en Denise na veiligheid, uit die pad van die vallende betonblok. Roydon se laaste daad was onselfsugtig in opsigte dat hy sy lewe opgeoffer het vir sy naaste.

Die Oxford woordeboek beskryf `n held as ‘n persoon wat bewonder word vir hul moed, uitstaande prestasies of edele eienskappe. Dit is belangrik om in ag te neem dat `n held nooit streef na roem of rykdom nie, maar gee van hulself sodat ander kan leef.

Suid Afrika gee erkenning aan burgers vir sulke dade in die vorm van die “Orde van Mendi”. Vernoem na die Eerste Wereld Oorlog troepe draer skip die SS Mendi wat tydens sy vaart na Engeland gesink het in digte mis na dit gebots het met `n ander skip. Daar was 616 ongevalle tydens die ramp.

Die Orde van Mendi word in goud toegeken vir uitsonderlike dapperheid waarin `n persoon hul lewe in groot gevaar geplaas het, of hul lewe verloor het in `n poging om lewens te red.

Roydon het sy lewe sonder aarsel in gevaar geplaas, twee mede leerders gered en in die proses sy lewe verloor. Sy heldedaad spreek tot elkeen van ons om `n beter weergawe van onsself te word, en ons medemens lief te he soos Christus ons lief het.

Ek nooi elkeen uit wat Roydon wil nomineer vir die “Orde van Mendi” om die aanlyn vorm te voltooi deur die QR skakel te volg of om aan te sluit by die Facebook groep “In Loving Memory of Hoërskool Driehoek People”. Op 31 Mei 2019 sal die nominasie brief asook die nominasie ondersteunings lys na die Presidensie versend word.

Wyle Royden Olckers

Related Articles

Back to top button