NewsNews

Wêreldbiddag vir Vroue: “Kom, alles is gereed”

Die tema van die jaar is gekies deur die vroue van Slowenië – “Kom, alles is gereed”

Elke jaar kom vroue wêreldwyd op die eerste Vrydag van Maart, bymekaar om te bid. In Parys is daar ook so ‘n geleentheid vir alle vroue, van alle gemeentes.
Vanjaar vind dit gesamentlik plaas by die NG Kerk Parys-Wes, op Vrydag 1 Maart om 10:00.
Die diens sal aangebied word deur Elizabeth Fourie, in die vorm van ‘n gebeds-sangdiens. Die tema van die jaar is gekies deur die vroue van Slowenië – “Kom, alles is gereed”
Kom geniet dit saam!
* Vroue van Vredefort kan ook die geleentheid ondersteun op 1 Maart om 10:00 by die NG gemeente Vredefort.
* ’n Wêreldbiddag vir Mans geleentheid word op 2 Maart om 07:00 by die NG gemeente Parys-Wes gehou.

Related Articles

Back to top button