DENEYSVILLE. – Drie jong seuns tussen die ouderdomme van 7 en 10 jaar het vanmiddag, Saterdag 23 Februarie, ongeveer 12:30 by die Vaaldam verdrink.
Die omstandighede rondom die verdrinking is nog onbekend maar hulle het blykbaar gaan swem toe hulle in die moeilikheid raak. Drie polisieduikers en vier lede van die Nasionale See Reddings Instituut (NSRI) asook die plaaslike polisie was op die toneel. Die polisieduikers het al drie liggame uit die water gehaal.