NewsNews

Parysenaars se speke sing vir Bybeltrap

Speke sing vir Bybels.

Sterkte aan al die Parysenaars wat die naweek saamtrap vir die 16de Bybeltrap ten bate van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

‘n Groep van sowat 50 fietsryers het na ‘n heerlike ontbyt vanoggend, 22 Februarie, by die AGS Sion-gemeente weggespring. Naas die fietsryers van Parys, is daar fietsryers van sover as Fochville, Carletonville, Vanderbijlpark, Pretoria, Welkom en Kroonstad, om maar enkele te noem, wat langs die pad by die groep aansluit.

Die Bybeltrap eindig Saterdagmiddag by die Bybelhuis in Bloemfontein,  na by die 400km te fiets.

Mense kon die fietsryers borg vir die Bybeltrap, en help die geld wat so ingesamel word om Bybels steeds bekostigbaar in die handel beskikbaar te kan stel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button