NewsNews

Working on Fire span kom vir Parys

Die voordeel van die span in Parys is dat dit reaksietyd in geval van veldbrande aansienlik vinniger sal maak.

Net vyf vroue en sewe mans is uit die sowat 400 aansoekers die afgelope week gekies om deel te wees van die Working on Fire-span wat van einde Maart/begin April in Parys gestasioneer sal wees.
’n Eerste vir Parys met ‘n totaal van nagenoeg 100 000ha wat deur hierdie span bedien sal word. Dit sluit in die distrikte van Parys, Sasolburg landelike gebied, Wolwehoek en Weiveld wat tans deur die Vaal Eden Brandvereniging bedien word. Die aansoekers se fiksheid is verlede week getoets en dié wat na afloop van die toetse en onderhoude gekeur is, sal nou in Maart hul opleiding in Nelspruit kry vir die hantering van veldbrande. Hulle sal met vuurvegters, rugsakspuite, brandslaners en ander toepaslike gereedskap toegerus word om dan gedurende die somermaande normale dagskof-ure te werk, en 24 uur skofte in die winter.

Working on Fire lede van Heilbron wat verlede week kom help het met die keuringsproses vir die span wat in Parys gestasioneer sal wees.

Die span se dienste sal gratis wees vir brandvereniginglede, terwyl nie-lede ook van hul dienste teen ‘n koste sal kan gebruik maak. Die voordeel van die span in Parys is dat dit reaksietyd in geval van veldbrande aansienlik vinniger sal maak, en dat die span in die toekoms ook opleiding in die hantering van strukturele brande sal kry, sodat hulp verleen kan word in geval van gebou en struktuur brande. Hulle sal ook skakeling hê met noodgroepe en ander vrywilliger groepe.
Daar word verwag dat ‘n ooreenkoms aangegaan sal word tussen die Ngwathe munisipaliteit en die Vaal Eden Brandvereniging vir die gebruik van die Kommandokantore as basis. Mense wat by die Vaal Eden Brandvereniging wil aansluit is welkom om e-pos te stuur na bbv@parys.co.za, of skakel Pieter Kemp vir navrae oor die brandvereniging by 073 148 6245. Die 24-uur noodnommer van die brandvereniging is 076 683 4544.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button