NewsNews

Groot kanonne by SAKOV-vergadering

Dié aktuele onderwerp, en die onderskeie rolle van orreliste en predikante te midde van ‘n steeds veranderende wêreld en omgewing, sal die komende week onder die vergrootglas wees.

Vernuwing in die erediens? Wat word hiermee bedoel en wat sê Christus vir ons oor die kerk, en oor vernuwing? Dié aktuele onderwerp, en die onderskeie rolle van orreliste en predikante te midde van ‘n steeds veranderende wêreld en omgewing, sal die komende week onder die vergrootglas wees by die jaarlikse byeenkoms van SAKOV (Suid-Afrikaanse Kerk Orreliste Vereniging) wat op 2 Maart om 10:00 in Vredefort gehou word.
Die man wat hierdie aktuele kwessie by die vergadering gaan hanteer, is prof. Victor D’Assonville, wat tans aan die stuur van die Reformatories-Teologiese Seminarie in Heidelberg (Duitsland), staan. Hy dien ook in die Raad van die Internasionale Kongres vir Calvyn-navorsing. Prof. D’Assonville reis spesiaal van Duitsland af vir hierdie baie belangrike vergadering.
Prof. Theodore van Wyk, mede-professor in Musiek aan die Universiteit van Pretoria se Departement van Uitvoerende Kuns, sal ook by die vergadering in aksie wees. Benewens sy akademiese vaardighede, is hy ‘n uitnemende orrelis. Sy asemrowende voetwerk laat ander orreliste swymel! Prof. Theo is ook die nasionale sekretaris van SAKOV. Sy taak by die vergadering is om orreliste praktiese raad te gee rakende SAKOV se orreleksamens.
Na afloop van die praktiese sessie, gaan prof. Theo ‘n kort konsert lewer saam met ‘n paar Vrystaatse orreliste.
Erna Rademan, VS Verteenwoordiger vir SAKOV, is die gasvrou vir die oggend en nooi alle orreliste en leraars van Christen-kerke om deel te neem. Die vergadering is ook oop vir orrelliefhebbers en belangstellendes. Dis belangrik dat jy jou plek vooraf bespreek by 082 565 1085.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button