NewsNews

Nie net Eskom nie, maar ook diefstal lê dienslewering lam

Nie net Eskom nie, maar ook diefstal lê dienslewering lam

Jy sal steeds gebruik moet maak van die provinsiale verkeerkantore in Vredefort of Sasolburg vir transaksies insluitend jou jaarlikse voertuig lisensie hernuwings, bestuurslisensie hernuwings en leerling- en rybewys aansoeke. Skegs bestuurslisensies van aansoeke wat reeds afgehandel was, kan hier afgehaal word. Dit is onduidelik wanneer die kantoor weer aanlyn sal wees en transaksies sal kan verwerk.

Die Parys Provinsiale verkeerskantore se dienste is sedert Vrydag 8 Februarie lam gelê na ‘n inbraak waartydens van die sekuriteitsbeamptes op die perseel in die vroeë oggendure oorval en toe in die gebou aangehou is, terwyl die vier verdagtes met plofstof die kluis en veilige val-kluis oopgeskiet het. Die inbrekers is weg met sowat R25 000 se kontant, verskeie vorms en twee rekenaars.

Die wagte was vasgebind met koord en skoenveters. Mense het hul hulpgeroep die oggend net na 06:00 gehoor en hulp ontbied. Hoewel niemand beseer is nie, beteken die diefstal geweldige ongerief  vir Parysenaars, en plaas dit ekstra druk op ander provinsiale verkeerskantore waar dit veral verlede week sukkel-sukkel gegaan het met die knaende beurtkrag-frustrasie.

Related Articles

Back to top button