NewsNews

Kan jy vir hulle ‘n liefdevolle huis gee?

Kan jy help?

Die Parys DBV het ‘n paar hondjies en ‘n kat waarvoor dringend liefdevolle huise gesoek word. Kan jy help? Skakel asseblief die Parys DBV gedurende kantoorure by (056) 811 3671, of insp. Zama by 079 500 7415.

‘n Pragtige 8 weke oue Foxterriër tefie.

Daar word ook vir hierdie Labrador-kruising reun ‘n liefdevolle huis gesoek.

Dalk kan jy help om vir hierdie ou reuntjie ‘n tuiste te gee.

Die katmannetjie is maar net 6 weke oud en baie spelerig.

Insp. Zama wat vir die NDBV by die Parys DBV waarneem, saam met nog ‘n reuntjie vir wie daar ‘n aanneem-gesin gesoek word.

Related Articles

Back to top button