NewsNews

VF Plus verwelkom Lesufi se erkenning oor onveilige skole in Gauteng

Sowat 190 skole in die provinsie het daadwerklike aandag nodig

Die Hoërskool Driehoek se oorhoofse betonstruktuur wat op 1 Februarie neergestort het.

 

Die VF Plus het dit gisteraand (15 Februarie) in ‘n mediaverklaring verwelkom dat Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, erken het dat talle skole in dié provinsie veiligheidsprobleme het en dat sowat 190 skole in Gauteng daadwerklike aandag nodig het weens die swak toestand van hul infrastruktuur.

Lesufi het Donderdag in Randburg, tydens ‘n vergadering met skoolhoofde en beheerliggame oor gebrekkige infrastruktuur en instandhouding van skole in Gauteng, gesê “ons skole is rampe wat wag om te gebeur”.

Die VF Plus het kort na die Hoërskool Driehoek-tragedie, toe ‘n betonstruktuur op kinders neergestort het,  die LUR en premier versoek om dringend strukturele ingenieurs na alle skole in Gauteng te stuur om infrastruktuur-ondersoeke te doen om sodoende verdere rampe wat moontlik kan plaasvind, te voorkom.

Intussen het ouers self ‘n skool in Elandspoort, Pretoria Wes, gesluit omdat die struktuur volgens hulle ‘n gevaar vir kinders inhou. Die VF Plus het ook die afgelope tyd verskeie klagte vanaf ouers in Gauteng en selfs die Vrystaat ontvang oor skole se infrastruktuur.

“Die VF Plus verwelkom ook Lesufi se aankondiging dat geld by die tesourie bekom sal word om skole te herstel en selfs oor te bou,” sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng.

Volgens die LUR is daar reeds 37 skole aangewys wat oorgebou gaan word. Alle skole ouer as 100 jaar sal onder die vergrootglas geplaas word, het Lesufi gesê.

“Die VF Plus is bereid om in hierdie saak saam met die LUR te werk en inligting waaroor die party beskik, aan hom te oorhandig in die belang van alle leerlinge se veiligheid,” sê van Staden.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button