News

Voëlklub pak die piekniekmandjies vir Dome Inn se voëlskat

Voëlklub pak die piekniekmandjies vir Dome Inn se voëlskat

Feathers-voëlklub in Parys nooi alle belangstellendes uit om hul eerste byeenkoms vir 2019 op Donderdagaand, 21 Februarie om 18:30 by Sally Martin Park se saal by te woon. Colin Hamilton sal by die geleentheid praat oor voëls wat hul onlangs gesien het, en sy foto’s kom wys.

’n Rooikopvink en sy wyfie.

Op Saterdag, 23 Februarie gaan die klub Dome Inn op die Koppieskraalpad besoek. Belangstellendes sal om 06:30 vanaf PnP se parkeerterrein vertrek vir die besoek. Almal wat belangstel in ons voëlskat en wat hier om Parys te siene is, is welkom om saam te gaan. Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam.
Lidmaatskap van die klub gee lede die geleentheid om gereeld op uitstappies te gaan en om plekke in die omgewing te sien wat hul andersinds nooit by sal kom nie.
Kom woon gerus Donderdagaand se byeenkoms by of skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 083 625 8100.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button