NewsNews

Ouditeur-Generaal onttrek aan Emfuleni

Die finansiële state van Emfuleni is aanvanklik op 31 Augustus 2018 aan die OG oorhandig en die OG se ouditverslag moes teen 30 November 2018 by die rekenpligtige beampte van Emfuleni ingedien word.

ʼn Voorval in Oktober 2018 waarin ’n personeellid van die Ouditeur-Generaal (OG) gewond is, het negatiewe gevolge vir die Emfuleni-munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) aangesien sy ouditverslag weens dié voorval nie betyds ingedien kon word nie.

Die OG moes noodgedwonge die ouditspan wat Emfuleni se sake behartig onttrek terwyl wetstoepassingsagentskappe die saak ondersoek. Die OG moet nou ingevolge wetgewing verslag doen aan die provinsiale wetgewer asook die parlement oor die aangeleentheid.

Die finansiële state van Emfuleni is aanvanklik op 31 Augustus 2018 aan die OG oorhandig en die OG se ouditverslag moes teen 30 November 2018 by die rekenpligtige beampte van Emfuleni ingedien word.

Die VF Plus is van mening dat die aanval op die personeellid van die OG gedoen is om die ouditproses te belemmer en dring daarop aan dat die ondersoek na die voorval as prioriteitsaak hanteer word sodat die oudit van Emfuleni se jaarverslag onverwyld voortgesit kan word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button