NewsNews

Help skryf ʼn nuwe storie – ‘n storie van hoop!

Help skryf ʼn nuwe storie – 'n storie van hoop!

 

Hy was net 10 jaar oud, maar onthou dit nog. Elke aand wanneer die son sak het hy gaan skuiling soek by die vulstasie op die hoek. Hy was nie alleen nie, ʼn ou man het saam met hom daar geslaap. Soms het hulle gesels, maar meeste van die tyd nie meer as ʼn kort hallo gesê nie. Dit was dikwels koud en hard.

Hy onthou dit soos gister, want niemand het ooit gekom nie. Hy was uitgelewer aan homself. Hy moes self opstaan en self besluit om anders te lewe. Baie ander het nooit besluit nie – sommiges is steeds daar. Hy was net een van die menigte verwaarloosde kinders vir wie daar doodeenvoudig nie hulp was nie en sy storie geensins nie die ergste nie.

In 2017/2018 het die VVA 81 kinders verwyder en in alternatiewe sorg geplaas. Van hierdie is 17 kinders met onmiddellike effek verwyder – omstandighede was bloot horribaal. Dikwels was daar nêrens om met hierdie kinders heen te gaan nie en moes hulle dae lank steeds trauma beleef, opsoek na ʼn plekkie om te hoort.

Sedert November 2018 en Januarie 2019 is 21 sake van kinderverwaarlosing aangemeld.  Aanvanklik word die gesin en kinders betrek by voorkomingsprogramme in ‘n poging om te verhoed dat die kinders uit hul ouers se sorg verwyder moet word.  Hoedanige voorkomingsprogramme is ‘n wetlike vereiste (nie die maatskaplike werkers se besluit) en indien kinderhofverrigtinge wel later volg, moet die maatskaplike werker ‘n weergawe aan die hof rig, hoekom sodanige voorkoming nie geslaggd was nie.

VVA Parys het 3 maatskaplike werkers en 2 hulpwerkers.  Soms moet hul bontstaan om ‘n veilige heenkome (Plek van Veiligheid) te kry vir kinders wat skielik  en onmiddelik uit hul krisisnomstandighede verwyder moet word.

Die afgelope 3 maande moes daar 11 kinders onmiddelik geplaas word.  Alhoewel die pioriteit is om eerstens familielede te oorweeg, is dit nie altyd moontlik nie.  Daar is ‘n dringende behoefte aan ‘n Veiliheidshuis waar daar na die sulke kinders omgesien word.  Sodaninge versorging word deur goedgekeurde versorgers behartig in gekontroleerde omstandighede.

Parys en Vredefort staan egter hande omhoog in dankbaarheid, opgewonde aan die werk aan ʼn Tussentydse Versorgingshuis vir kinders. Die Vrystaat is vol mense met groot harte. Een so weldoener het spasie beskikbaar gemaak om ʼn veilige plek te skep waarin hierdie kinders dadelik hulp kan kry – as’t ware ʼn vangnet.

Die groot werk lê egter nou eers voor. Hierdie huis moet ontwikkel word. Dit moet huis wees vir kinders om veilig te voel. Die plasings proses kan soms baie lank vat, want dis hofsake, vorms en ʼn magdom admin. Intussen moet kinders weer speel, terug skooltoe gaan, lekker eet en van voor af leer leef. So hierdie plekkie kort kenners, mense met gawes en ʼn pot vol goud.

Jy kan help! Indien jy op enige manier wil betrokke raak om hierdie projek te help klaarkom, kontak vir Sanette Boonzaier by 056 811 2971. Jou hande, jou slim kop en jou beursie kan help om vir elke kind ʼn nuwe einde vir sy storie te skryf.

Bankbesonderhede: VVA Parys

                              Nedbank Lopende rekening

                              11005236994

                              Tak: 11243600

                              Verwysing asb:  Veiligheidshuis

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button