NewsNews

SAJWV het jou hulp nodig met opname van wildsplase

SAJWV het jou hulp nodig met opname van wildsplase

Die SA Jag- en  Wildbewaringvereniging (SAJWV) se Olienhout-tak in Parys moet namens die vereniging n opname maak van wildsplase in die omgewing van Parys.

Die inligting sal gebruik word om die impak van die wildbedryf te bepaal, asook om ‘n databasis saam te stel van betroubare jagfasiliteite regoor Suid-Afrika.
Indien u ‘n wildsboer in die Parys-omgewing is en reeds laat jag op u fasiliteit, of beplan om in die toekoms te laat jag,  word u versoek om asseblief e-pos te stuur aan Frikkie Scheepers, die Jagkoördineerder van die Olienhout tak in Parys. Die e-pos adres is frikkie@itsink.co.za

Related Articles

Back to top button