NewsNews

Wagte oorval en aangehou in Verkeerskantoor

Wagte oorval en aangehou in Verkeerskantoor

Drie sekuriteitsbeamptes by die Provinsiale Verkeerskantore in Parys is Donderdagnag 7 Februarie in die verkeerskantore gyselaar gehou terwyl vier verdagtes met plofstof die kluis en veilige val kluis in die kantore oopgeskiet en gevlug het met sowat R25 000 se kontant, verskeie vorms en twee rekenaars.

Die voorval het net na 22:00 plaasgevind. Die wagte is deur die verdagtes gedwing om die kantore oop te forseer en is toe in een van die liaseerkantore vasgebind met onder meer skoenveters en koord.

Nadat die kluise oopgeskiet is het die verdagtes van die toneel gevlug.

Na net 06:00 vanoggend, Vrydag 8 Januarie, het verbygangers die wagte hoor skree nadat hulle daarin kon slaag om ‘n venster oop te kry. Die polisie is in kennis gestel en ondersoek nou ‘n klag van besigheidsroof.

Die verdagtes was met ter perse gaan nog op vrye voet en is die publiek gevra om indien enigeen iets sou gesien het of inligting het wat die polisie kan help met hul ondersoek, die Speur-bevelvoerder, kapt. Gert Bruwer te skakel by 082 466 8094.

Die vermoede is dat die verdagtes moontlik deur die draad om die perseel toegang gekry het.

Related Articles

Back to top button