NewsNews

Toestand van skoolgeboue: Ons wou nie paniek saai, sê VF Plus

‘Ons wou nie politieke punte aanteken nie – net help’

Na aanleiding van kritiek wat die Vryheidsfront Plus gekry het nadat die name van Vaaldriehoekse skole bekend gemaak is wat volgens die party dringende onderhoudswerk benodig, skryf Raadslid Gerda Senekal, Vryheidsfront Plus-raadslid in Emfuleni, soos volg:

Die VF Plus het onder geen omstandighede daarna verwys dat een van die skole wat genoem is, struktureel onveilig is nie, maar het wel daarna verwys dat die skole glad nie die instandhoudingsaandag van die Departeent van Onderwys kry soos wat deur wetgewing voorgeskryf word nie.

 

Dit was nooit die intensie van die VF Plus om enige paniek te saai onder die skoolgemeenskap van Vanderbjilpark/Vereeniging nie, maar wel om alles te gebruik  wat tot ons beskikking is om te verseker dat geen gemeenskap ooit weer so ‘n tragedie moet herleef nie. Ek wil dit baie duidelik stel dat die VF Plus nie politieke punte wil wen uit so ‘n tragedie nie, en dat ons slegs wou help.

 

My hart is net so geskeur soos die res van ons gemeenskap. Hiermee  vra ek as VF Plus-verteenwoordiger om verskoning vir enige ongerief en/of paniek wat ons (met die bekendmaking van sekere skole se name) mag veroorsaak het in die skoolgemeenskap.

 

Ons almal se lewens in Vanderbjilpark is op 1 Februarie 2019  onherroeplik verander met die afsterwe van 4 kinders – van ‘n skool wat geen geheim maak van sy Christelike waardes en geloof nie. Die hele gemeenskap het saamgetrek, in ‘n oomblik, as een familie soos Suid-Afrika nog nooit ervaar het nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button