NewsNews

Konstabel van Parys sterf in konfrontasie met vermeende trokkapers

Konstabel van Parys sterf in konfrontasie met vermeende trokkapers

 

N 41-Jarige polisiekonstabel verbonde aan die Parys Misdaadvoorkomingseenheid is vanoggend, Vrydag 8 Februarie, oorlede tydens n konfrontasie met verdagtes wat vermoed is betrokke is by trokkapings op die N1 en ander nasionale roetes.

Die konstabel en van sy kollegas het omstreeks 02:15 vanoggend die N1 en R59 gepatrolleer as deel van hul roetine pligte toe hul n geparkeerde verdagte Condor voertuig met Gautengse nommerplate langs die pad opgemerk het.

Toe hulle die persoon in die voertuig genader het, is hul meegedeel dat hy meganiese probleme met sy voertuig het. Met verdere navraag het die man erken dat hy saam met 3 ander verdagtes is wat vragmotors teiken wat bande vervoer.

Die polisielede het daarna die man gearresteer en op die uitkyk gebly tot die ander 3 verdagtes hul opwagting gemaak het. Een van die 3 het n vragmotorband by hom gehad. Die 3 verdagtes is na die Condor waar hul hul makker gelos het. Hy was egter deur die polisie gesĂȘ om plat te lĂȘ. Met die het 1 van die verdagtes een van die polisiebeamptes met n ysterstaaf begin aanrand. Die ander 2 verdagtes het egter op die vlug geslaan. Die polisiebeampte het skote met n R5 geweer in die rigting van die verdagtes afgevuur.

Tydens die konfrontasie is die 41- jarige knst Simon Nkala in beide sy heupe gewond en is per ambulans na die Sasolburg Netcare hospitaal vervoer waar hy aan sy beserings beswyk het.

Majoor-generaal Solly Lesia, waarnemende provinsiale kommissaris, het sy diepe meegevoel met die familie van knst Nkala betuig en gesĂȘ dat ruimte gegee moet word dat die ondersoek na die voorval afgehandel kan word. Hy het beklemtoon dat daar onverpoosd gesoek word na die verdagtes wat  nog op vrye voet is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button