NewsNews

Veiligheidshuis vir kinders – jou raad en hulp is nodig

Vanaand, Donderdag 7 Februarie om 17:30 vir 18:00 sal daar by VVA se kantoor in Buitenstraat gesels word oor onder meer die doel en begroting vir die veiligheidshuis.

’n Veiligheidshuis waar verwaarloosde en mishandelde kinders onder die ouderdom van 12 jaar onmiddellik gehuisves kan word en die nodige liefde en versorging sal kry, is nou ’n werklikheid vir die gemeenskappe van Parys en Vredefort.
’n Perseel vir dié doel is gratis deur ’n weldoener aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) beskikbaar gestel.
Op hierdie stadium is daar egter geen fasiliteite op die perseel waar hierdie kinders wat deur maatskaplike werkers of die polisie verwyder sou word, met die nodige liefde versorg kan word nie.
Daarom is elke gemeenskapslid in Parys en Vredefort nodig om te help met insette en raad en daad om hierdie veiligheidshuis te laat realiseer.
Vanaand, Donderdag 7 Februarie om 17:30 vir 18:00 sal daar by VVA se kantoor in Buitenstraat gesels word oor onder meer die doel en begroting vir die veiligheidshuis en die kies van ’n bestuur.
As jy betrokke wil wees, kan help, of enige idees het, woon asseblief die vergadering by of skakel Sanette Boonzaier by 079 324 0603. ‘n E-pos kan ook gestuur word na vvaparys@telkomsa.net

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button