Die paartjie, Christiaan en Arina van der Merwe, is op die pad tussen Barkly-Wes en Daniëlskuil, waarskynlik op slag in die botsing dood.
Beeld berig hulle was oppad terug van ‘n troue in Ermelo en het Sondagoggend vanuit Potchefstroom na Postmasburg, waar hulle gewoon het, vertrek.
Die paartjie is sowat ses weke gelede in Potchefstroom getroud.
Arina was ‘n apteker by die hospitaal in Postmasburg. Sy het onlangs haar meestersgraad in aptekerswese voltooi. Christiaan was ‘n ingenieur by ‘n myn.