NewsNews

Kaartbedrog in Parys: Wees gewaarsku!!

Jy moet die wenke onthou!

Die afgelope week is weer minstens  3 sake in Parys aangemeld waar mense die slagoffers van kaartbedrog was.

Jy moet die volgende in gedagte hou:

  • Hou te alle tye ‘n ogie op jou bankkaart.
  • Moet nooit vir iemand sê wat jou PIN is nie.
  • Moenie jou kaart en jou PIN bymekaar bêre nie.
  • Vermy swak beligte OTM’s.
  • Sleutel net jou PIN in as die masjien dit vra.
  • Maak seker niemand hou jou dop terwyl jy jou PIN insleutel nie.
  • Staan naby aan die OTM en maak seker omstanders kan nie jou hand sien nie.
  • Maak seker jy hou jou hand oor ide kaartgleuf om te verseker niemand neem jou kaart nie.
  • Verlaat die OTM dadelik indien jy onveilig voel.
  • MOet nooit hulp aanvaar nie – nie een van ‘n sekuriteitswag nie.
  • Moenie toelaat dat iemand jou aandag aftrek tewyl jy ‘n transaksie by die OTM doen nie.
  • Maak seker die kaart wat jy gebruik is jou eie, voor en nadat jy die transaksie gedoen het.
  • Moet nooit jou geld by ‘n OTM tel nie.
  • Kanselleer jou kaart onmiddellik as dit verlore, gesteel of beskadig is, of deur ‘n masjien teruggehou word. Moenie toelaat dat iemand anders die oproep namens jou maak nie.
  • As 1 of 2 OTM’s in ‘n bepaalde gebied nie werk nie, is dit beter om nie na die naaste OTM in dieselfde gebied te gaan nie. Kitsbanke word gereeld gesaboteer om slagoffers na ‘n bepaalde OTM te lei.
  • Indien ‘n OTM of PVV-toestel beskadig lyk, die skerm niks vertoon nie, of dit lyk asof daar gepeuter is, moet jy dit nie gebruik nie.
  • Verlaag jou daaglikse onttrekkingslimiet om te vermy dat misdadigers al jou geld trek sou hulle jou kaart in die hande kry.
  • Die belangrikste is om op ‘n hoë gereedheidsgrondslag te weer terwyl jy ‘n OTM gebruik. Indien jy enigiets verdag opmerk of ongemaklik voel, vertrou jou instink en beweeg weg van die masjien af.

Inligting verskaf deur a.o. Jan le Roux, Parys SAPD

Related Articles

Back to top button