News

Skooltragedie: Onbeskryflike hartseer in boodskappe, op truie geskryf

1 Februarie 2019 het mees geharde en die saggeaardste laat hande vat en hulp van ons Hemelse Vader gesmeek vir volkome krag en kennis om lewens te red.

Talle mense het Sondagmiddag nog voor Hoërskool Driehoek  gestaan  in ongeloof, seer en medelye na die tragedie wat dié skool Vrydagoggend 1 Februarie getref het toe ‘n oorhoofse betonstruktuur van ‘n loopbrug ineen gestort het. Vier leerlinge is dood en talle ernstig beseer.

Maar dis in die rye en rye blomme, die kerse, die kinderboodskappe en rugbytruie wat aan die skoolheining hang, wat jy tasbaar iets ervaar van die onbeskryflike trauma wat ‘n skool se hoof, ouers, personeel en leerlinge beleef het. Dit wat hul lewens in daardie kortstondige oomblik handomkeer sou verander en hul lewenslank sal bybly.

Verhale van omgee, maats wat ander desperaat probeer help het, mense wat uitgereik het, ondersteun, gebid het.

‘n Vrou van Parys wat Vrydag in Emfuleni Medi Clinic was, toe die boodskap aan ‘n meisie langs haar deurgekom het van die tragedie wat haar skoolmaats getref het, skryf die volgende oor wat daardie dag in die hospitaal beleef is:

1 Februarie 2019,
‘n Dag vol uitdagings. Maand van liefde word uitmekaar geruk met die loei van ambulans-sirenes, helikopters se landings en opstygings.  Net een groot woord: CHAOS.
Ek lê rustig op ‘n bed in Emfuleni Mediclinic, Vanderbijlpark, waar ek wag om geopereer te word. Die pasiënt, oorkant my, se selfoon begin lui.  Haar oë skiet vol trane en sy is op pad om histeries te word.
Een vriendin van die Hoërskool Driehoek het haar gebel en gesê dat die loopbrug by hul skool inmekaar gesak het. Baie leerders is onder die stuk beton vasgeval.
Meteens verminder die saalpersoneel. Alle personeel, wat kan, word beveel om na die  Noodgevalle Afdeling te gaan.  Ons vier pasiënte begin vrae vra.
Die Vrydag waarna  almal so uitgesien het, verander in ‘n nagmerrie/ swart Vrydag.  Besoekers wat opdaag in ons saal vertel van ambulanse, rooi ligte, loeiende sirenes en helikopters.  Alle dokters se skedules verander vanaf geskeduleerd na “Red ‘n skolier se lewe”.
Ek kan met alle eerlikheid sê:  Mediese personeel is ENGELE op aarde.  Met die beste sorg en bystand word ons wat reeds in die hospitaal is, versorg en net soos elke beseerde skolier, vanaf erg kritiek tot erg getraumatiseerd, word met groot passie versorg, getroos en behandel.
Ek is heelwat later geopereer, maar ek is net so goed behandel soos al die ander, al het die teaterpersoneel soveel einas, bloed en trane moes deurstaan.
Emfuleni Mediclinic se personeel was en is goed opgelei om trauma in alle ander omstandighede professioneel te hanteer.
1 Februarie 2019 het mees geharde en die saggeaardste laat hande vat en hulp van ons Hemelse Vader gesmeek vir volkome krag en kennis om lewens te red.
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button