NewsNews

Driehoek skooltragedie: Roerende gedig na dood van drie

Driehoek skooltragedie: Roerende gedig na dood van drie

Hierdie roerende gedig en boodskap is vanmiddag op sosiale media gedeel waarin ‘n dorp en gemeenskap se seer so raak saamgevat word na die tragedie vanoggend by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark. Drie leerlinge is dood en 20 beseer waarvan sommige kritiek, na ‘n oorhoofse betonpaneel van ‘n brug wat twee van die skool se geboue verbind, vanoggend net na 08:00 ineen gestort het.
‘n  Dorp is in pers gedompel
Spatsels seer teen n skool se ruit
Iewers staan n ma en kyk
verslae by n venster uit.
U Naam geheilig
U wil geskied
Kinderstemme stom
in marmer gegiet.
n Dorp is in rou gedompel
Kindertruie halfmas aan n tak
Selfs die son laat sy kop eerbiedig
voor n stukkende dorp sak.
(Katrienkie)
Hoe verstaan mens dit, Here? Hoe verstaan mens die hartseer wat so skielik op n skool en n gemeenskap toesak? Sommer so skielik… Ons het nie antwoorde nie. Ons sal nooit hê nie. Maar ons bid dat U U arms om elke kind en ouer sal vou.  Ons bid dat U troos sal bring. En as U ons wil gebruik om U hande en voete te wees vir hulle wat stukkend is: Hier is ons, Here. Gebruik ons. Altyd.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button