NewsNews

“Ons is stukkend”

"Ek is regtig jammer."

“Ons is stukkend. Ons lewens sal nooit weer dieselfde wees nie.”

So het Boeta van der Westhuizen vanoggend in die getuiebank voor regter CornĆ© van Zyl in die HoĆ« Hof in Parys gesĆŖ toe hy getuig het oor die invloed wat die gebeure van 6 Januarie 2016 op sy eie, sy familie, maar ook sy medebeskuldigdes se lewens gehad het,wat saam met hom tereg staan vir die moord opĀ Samuel Tjixa enĀ Simon Jubeba.

Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie, en skoonseun, Miela Jansen van Vuuren, asook Anton Loggenberg en sy seun, Cor, en kapt Henk Prinsloo, almal van Parys, is deur die staat aangekla van die moorde na ‘n voorval drie jaar geledeĀ toe Boeta se pa, Loedie van der Westhuizen Sr, op sy plaas Biesiesbult in die Weiveld-distrik buite Parys, aangeval is. Verskeie mense het op die noodroep na die aanval gereageer en hulle na die toneel gehaas waar twee mans, Samuel Tjixa en Simon Jubeba toe aangekeer is.
Die staat voer aan dat Tjixa en Jubeba sodanig deur die ses wat aangekla is, aangerand is dat hulle aan hul beserings beswyk het.

“Ek is regtig jammer oor wat daardie dag gebeur het en my aandeel daarin,” het Boeta voor die hof gesĆŖ toe hy die families van die oorledenes om verskoning gevra het. Hy hetĀ  gesĆŖ dat hy sy regsverteenwoordiger opdrag gegee het om met die families te praat en te hoor of daar nie ‘n vorm van vergoeding of versoening is wat hy kan aanbied, omdatĀ hy weet dat die oorledenes broodwinners was.

“Dit gaan nie daaroor om myself vry te koop nie, maar bloot omdat ek ook ‘n seun het vir wie ek baie lief is,” het Boeta gesĆŖ.

Hyself het op vrae van sy regsverteenwoordiger, adv. Piet Pistorius, getuig hoe die saak die afgelope drie jaar nie net sy gesondheid nie, maar ook sy gesinslede se lewens, en sy finansies geraak het, veral ook na die dood van sy pa, Loedie van der Westhuizen Sr in 2018.

Daar isĀ  in vrae wat aan Boeta gestel is deur sy regsverteenwoordiger, spesifiek ook verwys na die getuienisse van die staat se 204-getuies, waarop Boeta getuig het oor hoe hy die getuienisse beleef het. Hy het gesĆŖ dat diĆ© getuienisse hom baie hartseer gemaak het omdat die getuies bloedfamilie is. “Ek was verstom oor die uitlatings wat gemaak is. Ek het nie in my wildste drome gedink dit is wat hulle sou kwytraak nie.”

Op ‘n vraag oor waarom hy later by twee geleenthede op die toneel hulp verleen het aan Jubeba,Ā  het hy gesĆŖ datĀ hy jammer gevoel het vir die mans toe sy woede oor wat aan sy pa gedoen is, eers bedaar het.

Voorts het hy getuig dat dit onmoontlik is dat sy optrede tot Jubeba se dood kon lei en dat hy persoonlik niemand op die toneel gesien het wat Jubeba en Tjixa sodanig aangerand het wat hul dood kon veroorsaak het nie.

Die verhoor is vanoggend, Donderdag 31 Januarie, verdaag tot Maandag 4 Februarie wanneer die verdediging ‘n mediese kundige na die getuiebank sal roep.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button