NewsNews

Parysenaars vier nasionale ‘Scrapbooking’ dag

Dit was ‘n dag om nog lank te onthou!

Die kuns van plakboek maak is Saterdag op “Nasionale Scrap-dag” ook deur Parysenaars gevier saam met honderde geesdriftiges van dié stokperdjie in 40 dorpe regoor die land, tot sover as Namibië en Zimbabwe.
Die dag word jaarliks aangebied met nagenoeg 1 600 dames landwyd wat verlede jaar die dag gevier het.
Scrapbook winkels word aangemoedig om ‘n spesiale byeenkoms vir die dag te reël waar daar ’n projek gedoen word om dames wat liefhebbers van die stokperdjie is, bymekaar te bring en te bederf.


Dit was vanjaar die tweede jaar dat Scrap & Chat in Parys deelgeneem het.
Geen moeite is ontsien om die dag vir die dames wat deelgeneem het, onvergeetlik te maak nie. Hul tema was “Hats or Roses” wat as ‘n multi-blad uitleg aangebied is. Dit was voorwaar ‘n dag om nog lank te onthou!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button