NewsNews

Omgewingsake gaan nou klagtes oor water ondersoek

Omgewingsake gaan nou klagtes oor water ondersoek

“Elke dag lyk die water so. Dit is bruin. Ons kan nie so leef nie. Daar is nie geld om water te koop nie.”
So sê Daniël Motlanyana van die Tokoloho woongedeelte in die Tumahole-woonbuurt.
Sy grootste frustrasie is dat hy al by die munisipaliteit was oor die water, maar dat behalwe om sy adres te vra, daar nog niks van sy klagtes gekom het nie, sê hy
Daniël is nie die enigste Parysenaar wat kla oor die dorp se drinkwater nie. Gazette kry gereeld klagtes van die publiek oor drinkwater wat “bruin” lyk as dit uit die krane kom.
Maar nou het klagtes oor die dorp se drinkwater ook onder die Departement van Omgewingsake se kriminele ondersoeke-afdeling se aandag gekom. Dit nadat die burgerregte organisasie, AfriForum, in Augustus 2018 sover gegaan het om ‘n strafregtelike klag by die Parys SAPD te lê  oor die hoë Ecoli-vlakke in die Vaalrivier.
Hulle het na die klag gelê is, ook drinkwatertoetse in die dorp gedoen. Dit het toe gewys dat die drinkwater nie op bloudruppel standaard was nie.
Stephen Nel, AfriForum se distrikskoördineerder het nadat die toetse gedoen is verlede jaar, aan Gazette gesê dat hoewel die drinkwater nie lewensgevaarlik is nie, laborato- riumuitslae daarop gedui het dat dit ander beperkings oorskry wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) vir bloudruppelstandaard bepaal word. Die toestand van die Vaalrivier is egter veral ‘n groot bron van kommer vir die organisasie.
Gazette het die afgelope week bevestiging gekry dat AfriForum se klag by die SAPD, oorgeplaas is na die Departement van Omgewingsake se kriminele ondersoeke afdeling. Alle inligting wat die organisasie verskaf het, word na verneem is tans opgevolg en verdere ondersoeke en onderhoude sal volg.
Tydens ‘n amptenaar van omgewingsake se besoek aan die dorp is kwessies soos die gehalte van drinkwater in Parys, sowel as die “situasie rondom “bloedwater” wat gereeld in die strate / rivier vloei ook uitgelig. Daar word nou gehoop dat dié sake ook die departement se aandag sal geniet.
Intussen het AfriForum die publiek aangemoedig om swak dienslewering te rapporteer by die munisipaliteit, en rekord te hou van alle klagtes.
Enige omgewingsrampe (soos riool/bloed wat in die rivier vloei) en wat nie dringend aangespreek word nie, moet ook gerapporteer word aan die Departement van Omgewingsake deur 080 020 5005 te skakel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button