NewsNews

Eerste VS dorpe skakel oor – het jy die feite oor digitale migrasie

Wat as ek nie die DTT-toerusting kan bekostig nie? Lees hier.

Die eerste Vrystaatse dorpe het die afgelope week ten volle van analoog na digitale televisie uitsendings oorgeskakel. Dit sluit dorpe soos Steynsrus, Senekal, Ventersburg, Winburg, Marquard en Arlington in. Petrus Steyn is Donderdag 24 Januarie oorgeskakel.
Vroeër is verwag dat die migrasieproses reeds in Desember 2018 sou begin het, nadat verskeie sperdatums al gemis is. Die Noord-Kaap sal na die Vrystaat oorgeskakel word, en na verwagting behoort die oorskakeling in SA teen Julie 2020 voltooi te wees.
Hoewel Parys nog nie op die lys was wat uitgereik is tot en met 5 Februarie nie, is dit nodig dat jy sal weet wat die oorskakeling behels en hoe dit werk.
Wat beteken digitale migrasie dan?
Dit is die oorskakelingsproses van analoog televisie uitsendings (mense wat geen satellietskottel of dekodeerder het nie) na digitale televisie uitsending.
Wat is DTT?
Digitale Terestriële Televisie (DTT) verwys na die gebruik van ’n netwerk van terrestriële (aardgebonde sendertorings, in teenstelling met satelliete in die ruimte waarvandaan seine uitgesaai word.
Wat het jy nodig om oor te skakel na DTT?
’n Dekodeerer is nodig en dit hang af van die tipe toegang in jou omgewing of dit DTT of DTH is.
Beteken dit dat jy ’n nuwe M-net dekodeerder moet kry?
Ja, want jou huidige M-Net dekodeerder is ’n analoog dekodeerder wat met ’n digitale dekodeerder vervang moet word tensy jy DStv of TopTV het.
Wat is die voordele van digitale TV-uitsendings?
Helder klank, meer kanale, ‘n digitale TV-gids wat bygewerk kan word, uitstekende beeldgehalte wat nie verswak weens ‘n swakker TV-antenna sein nie, en uitsendings van hoë definisie-beelde.
Wat moet ek doen as ek ‘n DStv- of Top TV-intekenaar is?
Niks nie. Die omskakeling na DTT raak net uitsendings wat deur ‘n terrestriële (aardgebonde) TV-antenne opgevang word. DStv- en Top TV-programme wat deur ‘n satellietskottel opgevang word, is reeds in digitale formaat.
Sal ek elke maand ‘n intekenfooi moet betaal soos vir DStv?
Nee, die dekodeerkassie word eenmalig gekoop. Jy moet egter steeds jou televisielisensie betaal soos die wet vereis.
Moet ek ‘n nuwe TV koop om DTT te ontvang.
Nee, alle analoë TV-stelle sal DTT kan opvang. Onthou geen televisie wat tans op die mark is, sal die digitale TV-kanale sonder die dekodeerkassie kan ontvang nie. Dit beteken ‘n TV wat “digitaal-gereed” of hoëdefinisie gereed is, kan nie ‘n digitale televisie-uitsending sonder ‘n dekodeerkassie ontvang nie.
Het ek ‘n hoë definisie TV (HD-TV) nodig vir die omskakeling na DTT?
HD-TV is nie ‘n vereiste om na digitale uitsendings te kyk nie, maar as die programinhoud in hoë definisie opgeneem is, sal die gebruiker van ‘n HD-TV die beelde duideliker en in meer detail kan sien as wat met analoë uitsendings moontlik was.
As ek drie TV’s in die huis het, het ek dan drie dekodeerkassies nodig?
Nee, jy het slegs drie dekodeerkassies nodig as jy wil hê dat die drie op dieselfde tyd verskillende kanale moet vertoon, anders sal een kassie dieselfde program op meer TV’s vertoon.
Wat as ek nie die DTT-toerusting kan bekostig nie?

Aflewerings wat reeds by die poskantoor gemaak is vir die toerusting vir installasie by suksesvolle DTT-aansoekers

Baie belangrik!
Huishoudings met ‘n inkomste van nie meer as R3 200 per maand, kwalifiseer vir ‘n gratis dekodeerkassie wat ook gratis vir jou geïnstalleer word, met geen maandelikse fooie. Aansoeke hiervoor kan steeds by die poskantoor, ook in Parys gedoen word. Jy moet ‘n gesertifiseerde afskrif van jou ID saamvat wanneer jy gaan aansoek doen, en dan die aansoekvorm asook ‘n affidavid invul met betrekking tot jou inkomste.
As jy nie kwalifiseer vir die gratis dekodeerkassie en installasie nie, en ook nie reeds digitale televisie uitsendings het nie, kan jy by jou naaste kleinhandelaar gaan navraag doen. Vir navrae oor digitale migrasie skakel (012) 473 0061/0056.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button