NewsNews

Boepensbroodjies by die duisende vir Bybels

So help jaffels die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Rond en gesond. Dis die minstens 5 000 boepensbroodjies propvol vleis wat 30 stofies besig hou in die kerksaal van die NG gemeente Parys-Oos.

Dis die einste jaffels wat jaar na jaar die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ‘n hupstoot gee om die verlies te kan dra wat gely word om Bybels steeds in vandag se moeilike ekonomiese klimaat bekostigbaar in die handel beskikbaar te kan stel.

Want elke 4 jaffels wat hier verkoop word teen net R18 elk, dra die verlieskoste van R55 te min vir wat dit kos om 1 Bybel te druk.

Maandag het die brode gekom en is daar begin smeer . Vanoggend is die eerste jaffels gebak, terwyl Pieter Grimbeek kom musiek maak het om die jaffelspan aan die gang te hou met die smeerdery, die vleis pak en dan die bak voor die finale kwaliteitskontrole en elke boepensbroodjie sy sakkie kry.

Saterdag word daar gestap, gedraf, fiets en perd gery. Dit ook alles ten bate van die Bybelgenootskap. Jy kan kom deelneem op die Parys-vliegveld net buite die dorp vanaf 07:00 Saterdag 2 Februarie en so ook jou deel saam met die lidmate van die NG gemeente Parys-Oos bydra om ‘n Bybel steeds bekostigbaar vir ander beskikbaar te stel.

Kry jou jaffel of kom stap saam – jy kan ‘n verskil maak!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button