NewsNews

Stadsaalvloer onder water – daar is gewaarsku

Daar is gewaarsku oor die daklekke.

Terwyl die stadsaal in Parys nog vanmiddag oop was vir kiesers om te kon registreer of hul besonderhede  na te gaan en seker te maak hulle is by die regte stemlokale geregistreer vir die komende nasionale en provinsiale verkiesing, het swaar reën oor die dorp uitgesak.

Binne 5 minute het reënwater  op minstens vyf plekke deur die dak ingestroom op die houtvloer van die stadsaal wat vroeër jare veral baie gewild was ook vir die talle danse wat hier gehou is juis omdat die vloer geskik is as dansvloer.

Water het tot 3cm diep op plekke op die houtvloer gelê.

Gazette is in besit van ‘n sms waarin die munisipale bestuurder, mnr Bruce Kannemeyer toe dringend deur rdl. Arnold Schoonwinkel wat diens gedoen het by die stadsaal, gevra is om onverwyld aandag te gee hieraan. Gazette kon nie daarin slaag om Sondagaand 27 Januarie die munisipale bestuur se kommentaar te kry nie.

Rdl. Schoonwinkel het aan Gazette gesê dat hy twee jaar gelede reeds aan mnr. Kannemeyer se voorganger geskryf het oor die toestand van die Parys-stadsaal, en  gevra het dat onverwyld aandag aan ernstige daklekke gegee moet word. Hy het gewaarsku dat noodmaatreëls dringend nodig is om verdere skade te voorkom

Gordon Leith wat op sy dag een van Suid-Afrika se bekendste argitekte was, was ook die argitek van die Parys-stadsaal asook die Bloemfonteinse stadsaal  wat sowat  ‘n jaar gelede in ‘n brand beskadig is. 

 

Related Articles

Back to top button