News

Dié paaie oop vir verkeer, polisie monitor situasie

Dié paaie oop vir verkeer, polisie monitor situasie

Die R59 tussen Parys en Vredefort, sowel as die pad tussen Vredefort en Viljoenskroon is tans oop en lede van die Viljoenskroon-polisie monitor die situasie.

Dit volg na berigte vanoggend van  geregistreerde  taxibestuurders op dié roetes wat ontevrede is oor ongeregistreerde taxi’s veral van Potchefstroom.

Die situasie is tans rustig met net ‘n klein groep van nagenoeg 5 geregistreerde taxis wat net buite Viljoenskroon langs die pad staan.

Die situasie is onder die Department van Polisie, Paaie en Vervoer se aandag gebring.

 

Related Articles

Back to top button