NewsNews

So keer WhatsApp aanstuur-beperking gebruikers nou

So keer WhatsApp aanstuur-beperking gebruikers nou

WhatsApp-boodskappe wat voorheen na tot 20 mense op ’n keer aangestuur kon word, sal voortaan net na vyf mense op ’n keer aangestuur kan word. Die aankondiging is Maandag gemaak en onmiddellik ingestel. Die applikasie wat deur 1,5 biljoen mense gebruik word, sukkel voortdurend met fopnuus en vals boodskappe wat regoor die wêreld gestuur word.
Die opdatering van die applikasie is juis ingestel om verbruikers wêreldwyd van Maandag af te beperk tot die aantal persone na wie ’n boodskap aangestuur word.
Volgens Victoria Grand, ondervoorsitter van beleid en kommunikasie by WhatsApp, word die verandering ingestel om misleidende inligting wat paniek kan skep, die hok te slaan.
Die maksimum boodskap aanstuur beperking is al in Indië ingestel in die middel 2018’s, as gevolg van die verreikende gevolg van fopnuus boodskappe in dié land.
Indië het tans 200 miljoen van die 1,5 biljoen WhatsApp-gebruikers. Daar word gehoop dat die beperking sal help om die applikasie meer gefokus te hou op private boodskappe met elke gebruiker se eie kontakte, eerder as om boodskappe na groot getalle gebruikers aan te stuur of na verskeie groepe op een slag.
WhatsApp het egter wel ‘n sogenaamde “Broadcast list” funksie wat gebruikers in staat stel om ‘n enkele boodskap vir tot 256 mense aan te stuur sonder om ‘n groep te skep vir tweerigting kommunikasie.
Net gebruikers wat die bron van die boodskap wat gestuur word in hul adresboek het, ontvang dan die “broadcast” boodskap. Die funksie is nie voorheen deur die Indiese boodskap aanstuur-beperking geraak nie en word verwag om ook nie te verander met die nuwe wêreldwye opdatering van die diens nie.

Related Articles

Back to top button