NewsNews

Ouers bekommerd oor vermiste tiener

Die familie van ‘n tienermeisie wat as vermis aangemeld is, is baie bekommerd oor haar.

 

Die familie van ‘n tienermeisie wat as vermis aangemeld is, is baie bekommerd oor haar.

Volgens Tanya van Niekerk, die meisie se tannie, is Chantell van Heerden (16) vanoggend (21 Januarie) voor skool laas gesien. Volgens die meisie se skool in Randburg was sy nie by die skool nie. Sy het ook haar selfoon by die huis gelos.

Haar vriendinne het aan haar ouers gesê dat hulle vermoed sy Potchefstroom toe is waar ‘n vriend van haar woon.

Volgens Van Niekerk was sy reeds by dié vriend se huis, maar hy het haar nie gesien nie.

Enigiemand wat Chantell gesien het kan Tanya by 0767930603 of haar broer Henk by 0842271953 skakel.

 

Related Articles

Back to top button