NewsNews

Verlamde hondjie kan weer loop

’n Jong boerboelhondjie is onlangs vanuit ’n erf in Ventersdorp gered, nadat die besorgde buurvrou die polisie geskakel het. Volgens Elloise Rootman, PAWS inspekteur, het die buurvrou ’n hondjie aanhoudend hoor tjank. Toe sy oor die muur kyk, sien sy ’n klein boerboelhondjie besig om onder ’n sleepwa uit te kruip. “Die hond het ‘n …

Volgens Elloise Rootman, PAWS inspekteur, het die buurvrou ’n hondjie aanhoudend hoor tjank. Toe sy oor die muur kyk, sien sy ’n klein boerboelhondjie besig om onder ’n sleepwa uit te kruip.

“Die hond het ‘n wond op sy maag opgedoen. Dit het ontsteek en na sy senuwees versprei daarom was hy verlam gewees. Sy stert was ook gebreek wat Paws se veearts moes amputeer,” het Roothman gesê.

Na ’n paar operasies het die hondjie uiteindelik opgestaan en begin loop. Hy moet nog ’n lang pad saam met PAWS loop voordat hy heeltemal gaan herstel.
’n Saak van dieremishandeling word tans teen die eienaars van die hondjie ondersoek.

Enige donasies om te help met die hondjie se behandeling, kan ook aan PAWS gemaak word. Skakel PAWS by 071 681 9264 of (018) 294 3856 vir navrae oor hoe om te help.

 

Related Articles

Back to top button