NewsNews

So werk beleggings in die kuberruim

So werk beleggings in die kuberruim

Met die koms van moderne tegnologie en die internet het baie deure vir die publiek oopgegaan om hul geld op ander maniere as net in die bank, in vaste eiendom of op die aandelebeurs te belê. Een daarvan is om deur die internet in die kuberruim handel te dryf.
Gazette het by ‘n voormalige finansiële bestuurder van MooiVaal Media, mnr. Louw Botha, wat steeds ‘n groot belangstelling in geldsake het, gaan kers opsteek om meer te hoor oor hoe dié soort handel en beleggings werk.
Volgens mnr. Botha is kuberhandel en -beleggings heeltemal wettig, maar die belegger moet besef dat dit ‘n hoë risiko inhou. Jy kan baie vinnig baie geld maak, of jy kan baie vinnig alles verloor.
Dit behels dat individue, of sogenaamde kubersmouse van wie se dienste beleggers gebruik kan maak, geld in die kubermark belê. Jy kan byvoorbeeld ‘n paar vatte ru-olie oor die internet koop met die oog daarop om dit later weer teen ‘n wins te verkoop. Val die prys van olie skielik, verloor jy egter jou geld.
Die kubermark funksioneer soos enige ander mark waar jy goedere of grondstowwe kan koop, met die verskil dat jy die produk nie fisies in jou hande kry nie. Die produk verwissel dus nie van hande nie maar as jy dit koop, kry jy wel “besitreg” daarop totdat jy dit weer verkoop.
Maak egter seker dat jy weet wat jy doen voordat jy belê, en maak gebruik van kubersmouse met ‘n bewese goeie rekord.
“Beleggers moet die goue reël in gedagte hou dat ‘opbrengs’ ‘n direkte funksie is van ‘risiko’. Dus, hoe groter of kleiner die risiko, hoe hoër of laer die opbrengs. As jy egter vinnig baie geld wil maak, is die kanse goed dat jy met ‘n hoë risiko-belegging te doen het waar jy baie geld kan maak, of alles kan verloor,” is sy raad.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button