NewsNews

Drie gevangenisse nou dieper in die sop

Drie gevangenisse nou dieper in die sop

jail

Illustration photo

Drie gevangenes is nou dieper in die sop nadat hulle vanuit hul selle ’n polisiebeampte geïntimideer het.

Volgens polisiewoordvoerder ao. Mpho Manyoba was die polisiebeampte by die selle waar drie van die gevangenes hom gekonfronteer het omdat hulle besoekers geweier is.
Die mans het ook glo gekla oor die kos wat vir hulle in die selle gebring is.
“Hulle het die polisiebeampte gedreig en gesê hulle gaan hom in die selle kry waar hy magteloos gaan wees,” sê Manyoba.
Die gevangenes het glo ook die polisiebeampte gevloek en gesê hulle weet waar hy woon en dat hulle hom by sy huis gaan besoek.
’n Saak van intimidasie word ondersoek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button