NewsNews

Konsternasie met die draai

Konsternasie met die draai

Daar was verlede Donderdag behoorlik konsternasie op die draai by die h/v Water- en Loopstraat, toe ’n tenker van Noord-Kaap Landbou nie sy draai kon kry nie. Gevolglik het sy sleepwa reg voor ‘n ander vragmotor omgeslaan, wat blitsig moes uitswaai om ’n botsing te vermy.


Gelukkig was die tenker wat gewoonlik fosforsuur vervoer, sonder vrag.
Sakelui in die omgewing van die kruising, sê as jy na die skuurmerke op die randsteen in die draai kyk, is dit vir menige vragmotorbestuurders, veral dié met sleepwaens, ’n kopseer om hier hul draai te kry.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button