NewsNews

Dorp se DBV weer oop

Dorp se DBV weer oop

Die Parys DBV is weer oop nadat die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) verlede week die Parys DBV tydelik moes sluit en  beheer oor die Parys DBV oorgeneem het. Alle diere is toe van die perseel verwyder en na omliggende DBV’s geneem.
Dit volg na klagtes van beweerde wreedheid teenoor diere.

Die Parys DBV-komitee is ontslaan en tugstappe teen die betrokke personeellede sal geneem word, is gesê.

Alle werksaamhede  is intussen by die Parys DBV hervat deur personeel wat nie by die voorvalle betrokke was nie, en diere word nou weer ingeneem, met die NDBV wat steeds beheer oor die Parys DBV het.

Die DBV-winkel in die dorp waar tweedehandse items ten bate van die DBV verkoop word, is ook steeds oop, is gesê.

Mense is gevra om nie gevalle of klagtes te rapporteer op die Parys DBV Facebookblad nie, omdat die blad tans nie gereeld gemonitor kan word nie. Mense kan eerder die Parys DBV skakel by (056) 811 3671 of in geval van nood 072 894 4061, of insp. Zama van die NDBV by 079 500 7415.
Lees die volledige berig in hierdie week se Gazette.

Related Articles

Back to top button