NewsNews

R50 000…is ‘n ja vir dorp se kunstefees

R50 000...is ‘n ja vir dorp se kunstefees

Na die wegholsukses van die 2018 Parys Arts Festival, sê feesorganiseerder, Deon Terblanche, dat daar geen twyfel is dat die dorp weer vanjaar dié gewilde fees wil aanbied nie, maar sonder fondse sal dit nie moontlik wees nie.
Daarom sal daar vanjaar vooraf fondse ingesamel word wat uitsluitlik vir bemarking en kunstenaar-besprekings vir die 2019 fees gebruik sal word. As die mikpunt van minstens R50 000 bereik word, is die lig groen vir Parys om vanjaar sy tweede kunstefees te hou.

 

As minder as die doelwit ingesamel word, sal alle gelde terugbetaal word en sal die fees nie gehou word nie.
In 2018 was dit juis die betrokkenheid van die dorp en sy mense, sakelui en kunstenaars wat bygedra het tot die unieke atmosfeer van die fees. Daarom hoe meer ingesamel word, hoe groter kan die sukses van die fees wees.

Gaan kyk op https://www.thundafund.com/project/parysartsfestival hoe jy kan help en betrokke raak. Elke rand is ‘n rand nader aan die doelwit.

Related Articles

Back to top button