NewsNews

Namibiër se hond in Potchefstroom gevind

“Ons het n awesome God!!!!! Dankie Here dat U ons Nala teruggebring het,”

 

Dankie aan die hele Namibië, Potchefstroom en die res van die wêreld wat ons posts geshare het en na Nala gesoek het. Dankie veral aan Christoff van die weermagbasis in Potch wat ons gebel het en ons kind laat huis toe kom het,” 

So het ‘n baie dankbare Trudie Reinhardt op Facebook reageer nadat haar Yorkshire Terrier, Nala, wat 8 Januarie weggeraak het, weer gevind is. Sy het verlede week by Potchefstromers om hulp gepleit aangesien sy in Namibië woon en die hond in Potchefstroom weggeraak het.

“Nala is vrek maer, vreeslik skrikkerig, dors en honger, maar sy is nou veilig en slaap rustig. Baie dankie Potch dat julle soos een man ons help, soek het,” het Reinhardt op Facebook gesê.

Related Articles

Back to top button