NewsNews

‘n Hele honderd jaar jonk

Op 100-jarige leeftyd is Evert nog baie gesond, en is hy ’n man met ’n lewendige belangstelling in die politiek en ekonomie.

Evert Nijland van Parys het Vrydag 4 Januarie ’n voorreg gehad wat vir min beskore is – om sy 100ste verjaardag te kon vier. Dit boonop saam met sy familie met vier geslagte bymekaar.
Evert is in 1919 op die Oos-Indiese eilande gebore en het skoolgegaan in Holland. Hy bekwaam hom as siviele ingenieur en ontmoet sy vrou, Tollie, in Holland waar sy, ’n Suid-Afrikaner, haar kom bekwaam het as teatersuster.
Saam beleef hulle die oorlog in Holland en kom toe terug na Suid-Afrika, waar hulle hul in Johannesburg vestig. Hier sou Evert vir sewe jaar as ingenieur werk, voordat hy ‘n plaas koop in Malelane, en begin om groente en sitrus te verbou tot en met sy aftrede in 1972.

Daarna is die egpaar na Balfour, en toe Randburg, waar Tollie oorlede is. Na haar dood het Evert Parys sy tuiste gemaak waar hy vir Caroline ontmoet het.
Evert en Caroline is in 2006 getroud en is in die Môrewag meenthuis-kompleks gevestig.
Evert het twee kinders, Albert en Alta, en spog die egpaar ook vandag met vier kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Ver geslagte bymekaar met die viering van Evert Nijland (regs voor), se 100ste verjaardag op Vrydag 4 Januarie by die Chang Chang Chinese restaurant. Links voor langs hom is sy kleinseun, Evert (jr.) met klein Albert Nijland (jr.) op sy pa se skouers, en langs hom Albert se oupa, Albert Nijland.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button