NewsNews

‘n Nuwe, ongewone troeteldier-gier tref die Vaal

Effens grillerig, maar groot pret om jou eie slakkies te sien groei!

Baie kleingoed in die Vaaldriehoek en ander dele van die land het ‘n nuwe soort troeteldier: ‘n reuse, slymerige Afrika-slak!

“Dis amper soos om sywurms te versorg en te sien grootword – die enigste verskil is net dat hierdie “wurms” ‘n dop op sy rug het,” sê kinders wat reeds van dié troeteldiere aangeskaf het.

Jeanine Fouché van die Vaaldriehoek laat weet dat sy van die slakke het om te verkoop. Sy skryf:

“Ek het die oulikste klein giant African land snails om te verkoop as iemand sal belangstel. Hulle is baie maklik om aan te hou vir jou kind of kinders vir ‘n troeteldier en baie maklik om te versorg.”

Besoek haar Facebook-blad by hierdie skakel as jy meer daaroor wil uitvind:

https://www.facebook.com/jeanine.fouche1?fref=gs&dti=35034794650&hc_location=group_dialog

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button