NewsNews

Help jou kind met die oorgang van kleuterskool na die “grootskool”

Help jou kind met die oorgang van kleuterskool na die “grootskool”

 

Volgens Trudie Gilmore, hoofbestuurder by ADvTECH Junior Colleges,  moet ouers daarom juis spesifieke kwessies aanspreek wat kan ontstaan, sodat hul kind se skoolloopbaan op ‘n stewige grondslag begin.

“Daar is baie opwinding in dié tyd soos om skoolklere en skryfbehoeftes te kry, om ‘n nuwe roetine te leer, die nuwe onderwyser te ontmoet en om die nuwe skoolterrein te verken. Tog kan die verhoogde vereistes en onbekende omgewing egter ook skrikwekkend wees.  Kinders moet stadig in die nuwe situasie ingelei word, “sê sy.

Gilmore sê ouers en voogde moet die volgende onthou:

Dit is aanvaarbaar om foute te maak

Volgens Gilmore is die les wat geleer word belangriker as die uitkoms.

“Op hierdie ouderdom moet ouers hul kinders aanmoedig om meer onafhanklik te wees en waar moontlik vir hulself te dink.

Moedig jou kind aan om hulself aan te trek, te verseker dat hul tas gepak word, en om na hul besittings te kyk. Moedig hulle aan en prys hulle omdat hulle probeer, selfs al kry hulle dit nie dadelik reg nie,” sê sy.

Leer hulle dat ‘Aanhouer wen’

“Dit is ongelooflik frustrerend vir jong kinders wanneer hulle nie ‘n taak tot hul bevrediging kan voltooi nie. Jou kind moet weet dat wanneer jy nuwe dinge leer, dit belangrik is dat jy aanhou probeer, selfs al is dit moeilik.

Ouers moet liewer motiveer en lei as wat hulle intree of oorneem, ” verduidelik Gilmore.

Kinders moet mooi speel

Laerskool is die tyd wanneer kinders moet begin om betekenisvolle spel saam met hul eweknieë te behartig, selfs al kom hulle nie outomaties oor die weg nie. Moedig jou kind aan om vriendelik te wees. Dit sal hulle help om emosionele volwassenheid, sowel as vertroue, te ontwikkel.

Moedig nuuskierigheid aan

“Om belangstelling te hê vir die dinge rondom ons en nuuskierig te wees, is baie belangrik vir die leerproses.

 

Moedig jou kind se natuurlike gevoel van nuuskierigheid aan deur met hulle oor dinge, mense en plekke te praat. Nuwe navorsing wys daar voordele vir kinders is, wie se ouers produktiewe gesprekke met hulle voer. Dit is waar elkeen ʼn  beurt kry om te luister en toepaslik te reageer, “sê Gilmore.

Gilmore sê ouers moet bereid wees om hul kinders  te help om stresvlakke wat deur meer uitdagende skoolwerk, huiswerk, assessering, diversiteit binne die skoolomgewing, naskoolse aktiwiteite en moontlike afknouery veroorsaak word, te bestuur.

“En onthou, slaap is belangrik. Kinders wat genoeg slaap kry, sal waarskynlik beter in staat wees om skoolstres te hanteer.

Related Articles

Back to top button