NewsNews

R5 000 borg vir Rooimiere-lid na Van Heerden-moord

R5 000 borg vir Rooimiere-lid na Van Heerden-moord

Die 43-jarige Sabelo Patrick Dlamini wat aangekla is van die moord op die 61-jarige Danie van Heerden van Meyerton,  asook die rig van ‘n vuurwapen, is vandag borgtog van R5 000 toegestaan.

Netwerk 24 berig  dat Dlamini volgens sy regsverteenwoordiger glo intussen deur die Rooimiere geskors is met betaling.

Dlamini, ‘n veiligheidswag van die Rooimiere,  het in ‘n stampvol hofsaal  voor streeklanddros Retha Willemse verskyn. Hy moet weer op 6 Februarie in die streekhof in Vereeniging wees.

Die staat voer aan dat Dlamini Van Heerden op 27 Desember 2018  na bewering tydens ‘n woordewisseling doodgeskiet het.

Van Heerden word oorleef deur sy 13 kinders onder wie Danie van Heerden, ‘n voormalige EFC swaargewigkampioen, en Chris van Heerden, ‘n voormalige IBO wêreld weltergewig bokskampioen.

Die begrafnisdiens vir wyle Danie van Heerden word eerskomende Vrydag om 11:00 vanuit die AGS Kerk in Pierneefstraat, Meyerton, gehou.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button