News

Duikers soek steeds

Duikers soek steeds

Daar word steeds gesoek na die liggaam van n man wat vroeƫr vanmiddag in die Vaalrivier by die hangbrug in Parys verdrink het.

Poliseduikers en lede van die nooddienste is op die toneel.

Intussen het verskeie inwoners in die omgewing van die hangbrug hul misnoeƫ te kenne gegee met die Ngwathe munisipaliteit wat nog geen ag geslaan het op die gemeenskap se pleidooie om juis hier waarskuwingsborde in verskeie tale aan te bring om mense bewus te maak van die gevaar daarvan om in riviere te swem.

Verskeie mense het al hier by die hangbrug verdrink en het inwoners en die swemklub as gevolg van die trauma van die verdrinkings al aangebied om te betaal vir hierdie borde.

Related Articles

Back to top button