NewsNews

NWU verseker relevansie in die onderrigomgewing

Hierdie is net nog ‘n inisiatief van die Noordwes-Universiteit om te verseker dat studente ‘n afgeronde, kwaliteitopleiding kry wat hulle sal bemagtig om die professionele arbeidsmark te betree.

As ‘n strategiese inisiatief om relevante studiemodules en -programme vir studente te verseker, het die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) ‘n verskeidenheid werkswinkels vir akademiese personeel geloods waar die geleentheid gebied word om modules te hersien en te transformeer.
‘n Tweedaagse werkswinkel is onlangs vir akademiese personeel van die Fakulteit Ingenieurswese aangebied. Dr. André Bechuke, die werkswinkelfasiliteerder, sê die SOL se uiteindelike doelwit is om akademiese personeel te inspireer om hul vaardighede, in terme van onderrig en leer, te verbeter en om akademiese ondersteuning aan studente te bied op pad na akademiese sukses.
“Carpe Diem is die werkswinkel wat ons aanbied, wat dosente die geleentheid bied om hul programme of modules te herontwerp of hersien, terwyl hulle deur gestruktureerde aktiwiteite gelei word en in multidissiplinêre spanne saamwerk. 
“Die proses fokus op effektiewe leerontwerp waar leeruitkomste gewysig en in lyn gebring word met inhoud, aktiwiteite, assessering en terugvoer, asook die daarstel van innoverende onderwyspraktyke en digitale tegnologie.”
Die NWU se adjunk-visekanselier vir Onderrig en Leer, prof. Robert Balfour, verduidelik die belangrikheid van die ontwikkeling van die NWU se akademiese personeel.
“Onderrig en leer is die kernbesigheid van hoër onderwys in Suid-Afrika. Die gehalte van onderwys, hetsy in voortgesette onderwys, na- of voorgraadse programme, hang af van akademiese kennis, vaardighede en die andragogiese kennis wat deur akademici benut en ontwikkel word om te verseker dat onderrig en leer saamwerk wat tot innoverende, stimulerende en kritiese denke lei. Studente sowel as personeelontwikkeling komplementeer mekaar in terme van ons verbintenis tot ‘n kwaliteit onderwyservaring,” sê prof. Balfour.
Die eerste stap in die Carpe Diem-proses is om die noodsaaklike aspekte van die module of program te identifiseer wat herontwerp of hersien sal word.
Dit word gevolg deur die samestelling van ‘n storiebord prototipe wat die uitpak van die leer, onderrig en assessering van die module behels. Die doel is om te demonstreer hoe die modulekomponente ‘n logiese vloei moet volg. Akademiese personeel moet dan ‘n prototipe van die hersiende module of program bou. Dit sluit ontwikkelingsaktiwiteite in en toets dit op ‘n werklike en praktiese manier. Hierdie stap dien ook as ‘n vertoningsgeleentheid om vas te stel of die aangesig tot aangesig en aanlynkomponente van die kursus mekaar sal aanvul.
Volgens dr. Bechuke kry spanne die geleentheid om mekaar se module-ontwerpe en -aktiwiteite te evalueer. “Waardevolle terugvoer word verskaf volgens ‘n evalueringsvorm wat aspekte soos inklusiwiteit, aktiewe betrokkenheid, egtheid en belyning aanspreek. 
“Tydens die hersiening en aanpassings, gebruik spanne die terugvoer wat in die vorige stappe verkry is en werk hulle saam om hul ontwerp te verfyn.
“Prototipes word verbeter deur wysigings aan te bring waar nodig. Hulpbronne wat benodig word, word gelys, duidelike spertye word vasgestel en die verantwoordelike persone word uiteindelik genomineer om die finale uitrol van die finale ontwerp te behartig.”
Hierdie is net nog ‘n inisiatief van die Noordwes-Universiteit om te verseker dat studente ‘n afgeronde, kwaliteitopleiding kry wat hulle sal bemagtig om die professionele arbeidsmark te betree.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button