NewsNews

Liggiefees – jy moet dit sien

Liggiefees - jy moet dit sien

Liggiefees@Potch het ‘n bedrywige afgelope tyd beleef met mense wat elke aand die Liggiefees besoek het. Franja du Plessis en Bobby van Jaarsveld het mense van heinde en verre na Potchefstroom laat optrek. Daar is tot laat gedans en gesing tydens hierdie afgelope naweek se optredes.

Bobby van Jaarsveld wys sy ondersteuning vir die Potch Liggiefees.

Feesgangers ondersteun die kinderhuis se fondsinsamelingsprojekte uiters goed dié jaar. ‘n Gunsteling onder die besoekers is die “Coins for Christmas” projek.
Hierdie fondsinsameling vind plaas deur ‘n emmertjie by verskeie stalletjies teen R20 aan te koop waarna die ondersteuner die emmertjie vol maak met enige sente of note. Die projek wat poog om die kinderhuis se fondse aan te vul en te help met die versorging van die kinders, is reeds besig om vrugte af te werp.
Besoekers kan nie uitgepraat raak oor die sprokieswêreld wat Liggiefees@Potch hierdie jaar is nie. ‘n Feesganger wat vanaf Kroonstad gery het om die Liggiefees te besoek, sê: “Een woord – WOW! Baie dankie vir ‘n wonderlike aand! Die liggies lyk fantasties!
“Die vertoning was awesome en alles verloop so glad. Die fees is goed georganiseer. Ons het dit regtig baie geniet. Baie dankie!”
Die fees nader ‘n volgelaaide program met bekende sangers, terwyl Kerstyd en vakansietyd nader. Op Woensdag 19 Desember besoek Jay Liggiefees@Potch. Laser X en Dewald Wasserfall is die volgende kunstenaars om na uit te sien. Hulle verskaf die vermaak op 21 en 22 Desember onderskeidelik. En dan sluit die Liggiefees af met niemand anders as die alom bekende Kevin Leo.
Liggiefees@Potch bied iets vir elkeen – jonk of oud, honger of dors. Moenie hierdie week se uitsonderlike kunstenaars en Kersfeesatmosfeer misloop nie! Sien jou daar!

Related Articles

Back to top button