NewsNews

Ingenieurs het jou baba se gesondheid in belang

“Die babaskaal is juis so ontwerp dat dit die minste irritasie of ongemak aan die baba bied. Tydens ‘n proses waar die baba vir enkele sekondes in die babaskaal lê, word elektroniese metings deur middel van sensors wat rondom die baba op die skaal gemonteer is, gedoen,” sê prof. Grobler.

Prof. Leenta Grobler se navorsing oor ‘n geoutomatiseerde babaskaal wat metings digitaal kan doen, sonder dat menslike foute of onakkuraathede kan intree, is tans in die ontwikkelingsfase. Dié skaal is reeds so ontwerp dat dit die minste irritasie of ongemak aan die baba bied.

Diegene wat die voorreg het om ’n kind in die lewe te bring, wil tog seker maak dat hul baba die beste moontlike gesondheidsorg ontvang en dat abnormale gesondheidskwessies so gou moontlik gediagnoseer en aangespreek word indien dit sou voorkom.
Om ‘n pasgebore baba se gewig, lengte en omtrek om die kop oor ‘n termyn van minstens twee jaar te meet, is van groot belang om vas te stel of die baba gesonde groei toon. Dié meetresultate kan dikwels ’n goeie aanduiding gee tot die mate van breinontwikkeling, beenontwikkeling, ondervoeding, wanvoeding, obesiteit of dan normale groei. Dit is ongelukkig ‘n feit dat foutiewe of gebrekkige apparate dikwels in klinieke en hospitale voorkom, wat ‘n groot rol speel in die monitering van jou baba se gesondheid. Dié beskikbaarheid van dié basiese apparate ontbreek dikwels, veral ook by staatsfasiliteite.
Kundiges aan die Noordwes-Universiteit se Fakulteit vir Ingenieurswese het met navorsing vorendag gekom wat dié probleem uit die weg kan ruim.
Prof. Leenta Grobler se navorsing oor ‘n geoutomatiseerde babaskaal wat bogenoemde metings digitaal kan doen, sonder dat menslike foute of onakkuraathede kan intree, is tans in die ontwikkelingsfase. “Die babaskaal is juis so ontwerp dat dit die minste irritasie of ongemak aan die baba bied. Tydens ‘n proses waar die baba vir enkele sekondes in die babaskaal lê, word elektroniese metings deur middel van sensors wat rondom die baba op die skaal gemonteer is, gedoen,” sê prof. Grobler.
Die skaal se geoutomatiseerde tegnologie stel dit in staat om die resultate direk na afloop van die metings, elektronies beskikbaar te stel, sonder dat ‘n persoon moontlik ‘n fout kan maak tydens die neerpen van die resultate. “Die ontwikkeling van die babaskaal moet nog deur een rondte van verfyning gaan om seker te maak dat dit optimaal funksioneer. Sodra dit afgehandel is, sal ons by die Noordwes-Universiteit se Etiekkomitee vir Gesondheid aansoek doen om die skaal op menslike vlak te begin toets. Indien alles volgens plan verloop, kan dit binnekort in klinieke en hospitale gebruik word,” sê prof. Grobler.

Related Articles

Back to top button