NewsNews

Geloftefeeste dié naweek in jou omgewing

Geloftefeeste dié naweek in jou omgewing

Verskeie Geloftefeesdienste word op 16 Desember in die Parys-, Vredefort-, Koppies-, Heilbron- en Potchefstroom-distrikte gehou, sowel as in die Vredefort Koepel. Hier is al die inligting van die onderskeie dienste:
Koedoesfontein
Die Koedoesfontein Geloftefees begin om 10:00 op Sondag 16 Desember en word gehou in die Vredefort Koepel. Die diens word gelei deur past. Eddie van Zyl. Koek en tee sal na die diens beskikbaar wees en besoekers is welkom. Vir navrae skakel Willie Olivier by 073 563 8017, of 071 659 1409.
Vegkop
Dié diens begin om 09:00 op Sondag 16 Desember by die Vegkop Slagveldterrein in Heilbron. Ds. Hans van Vuuren lei die diens met die tema: “Die Afrikaner en die koninkryk van God”. Die feesrede sal gelewer word deur ds. Willem van Schalkwyk. Sy tema is: “Vertel aan ons kinders die wonders deur die Here by Bloedrivier en Vegkop.”
Fees-etes en verversings is na die verrigtinge beskikbaar. Ete-kaartjies kos R70 per persoon en moet vooraf gekoop word by Wendy Roos (071 785 7517), of Salon Geody (058 852 1551).
Jy kan ook jou sweep en kettie bring en jou slag kom wys. Daar is ’n prys wat wag.
Boonop is daar ook geriewe om te kamp. Vir navrae hieroor skakel Quarta Pretorius by 082 821 7410. Jasper van der Bijl kan geskakel word oor die Vegkop Geloftefees by 082 453 7357.
DeWetsdrift
Die diens op die 110 jaar oue geskiedkundige DeWetsdrif Geloftefeesterrein in die Vredefort Koepel word gehou op Sondag 16 Desember om 09:00. Die diens word gelei deur Juan Greeff. Daar sal ‘n vlaghys- en kranslegging seremonie wees, geskiedenisvertelling deur Johannes Maree, jeug met trompetbegeleiding en ‘n perdekommando.
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum is die spreker. Gratis boereworsrolle en koeldrank is beskikbaar.
Daar is genoeg vuurmaakgeriewe as jy wil braai. Besoekers en gaste welkom. Skakel Herman van Wyk by 082 770 9444, of dr. Chris Reynecke by 072 467 8779 vir navrae.
Greenlands
Die diens op 16 Desember by die Greenlands Geloftefeesterrein in die Koppies-distrik begin om 09:00. Ds. Hennie Hattingh lei die diens met Koos Basson as spreker. Daar sal ook ‘n kranslegging gehou word en gratis eet- en drinkgoed sal beskikbaar wees. Op Saterdag 15 Desember sal daar om 17:00 op die feesterrein skyfskiet, swartkruit skiet, ‘n mini-basaar, konsert en ander lekker kultuur dinge aangebied word. Skakel Gert Loggenberg by 072 020 9568, of (056) 777 2240 vir navrae.
Roepersfontein
By die Roepersfontein Geloftefeesterrein naby Potchefstroom begin die diens om 08:30, gelei deur ds. Henk Venter. Ook hier is ‘n vlaghys- en kranslegging seremonie asook ‘n perdekommando. Die spreker is dr. Maryna Botha. Gratis verversings.
NG Moedergemeente Parys
Verrigtinge begin om 09:10 met ‘n vlagpresentasie en kranslegging met die diens om 09:30 deur ds. Lukas Meyer.

Related Articles

Back to top button