NewsNews

AfriForum  Parys reik uit na DBV

AfriForum se Parys-tak het 250 kg se hondekos aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Parys geskenk. Dit volg nadat die DBV die gemeenskap vir skenkings gevra het omdat daar ’n nypende tekort aan kos en befondsing is om vir die diere te sorg. “Die DBV verrig ’n belangrike taak in ons gemeenskap en daarom het die tak …

AfriForum se Parys-tak het 250 kg se hondekos aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Parys geskenk. Dit volg nadat die DBV die gemeenskap vir skenkings gevra het omdat daar ’n nypende tekort aan kos en befondsing is om vir die diere te sorg.

“Die DBV verrig ’n belangrike taak in ons gemeenskap en daarom het die tak besluit om hierdie skenking – wat hopelik ’n bietjie verligting sal bring – te maak,” sê Fanie Kruger, lid van AfriForum se Parys-takbestuur.

Omdat die DBV ’n organisasie sonder winsoogmerk is, maak hulle baie op die gemeenskap se hulp staat , en is ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om ook ‘n helpende hand na die DBV toe uit te steek.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Parys” na 45266 (R1).

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button